HomeBlog PostSpesiale projekte

Boekemakranka se eerste groot liefdadigheidsprojek:
My Kort vir jou Sop. Kortverhale deur ‘n verskeidenheid bekende Suid-Afrikaanse skrywers. Daar is ʼn wonderlike verskeidenheid bydraers, van ons land se bekroonde skrywers, tot die wenopstel van ʼn twaalfjarige. Die verhale is so gebalanseerd soos die lewe self: humor en hartseer; pyn en patos; weerloosheid, vreugde en verbetenheid om sin te maak van die lewe.

Ek Lieg nie vir jou Sop nie, Boekemakranka se tweede liefdadigheidsprojek: Ware verhale deur bekende skrywers, oor ‘n skynbaar onbenullige insident wat hulle lewensuitkyk beïnvloed het, is in die pyplyn.

Dries Brunt skenk ook die opbrengs van sy memoir, Eilandia, aan Boekemakranka se liefdadigheidsprojekte. Alle opbrengs uit hierdie twee e-boeke gaan na Kleinmond Sopkombuis.

Kliek op die voorblad om die e-boeke van Amazon vir jou Kindle te bestel.

Ook beskikbaar as ePub by Kobo.

Die gedrukte boek (My Kort vir jou Sop) kan teen R120 by Boekemakranka bestel word. (Posgeld in Suid-Afrika en verpakking ingesluit)

Om te bestel: Stuur e-pos aan eboek@boekemakranka.co.za met jou naam en posadres. Ons sal dan bankbesonderhede stuur en by ontvangs van die bewys van betaling, sal die boeke gepos word.

 

 

 

Luister na Ilse Salzwedel van Skrywers en Boeke se onderhoud met Trisa Hugo van Boekemakranka op RSG, op Youtube.

Marion Erskine se onderhoud met die samesteller, Trisa Hugo.

Lees ook ‘n artikel oor die projek in die Rapport.
Foto’s van die projek op Facebook.

Comments are closed.